Franci Swanepoel

Biography

Franci is in 1972 in Johannesburg gebore. Van kleins af speel sy in TV en Radio-dramas, soos PG du Plessis se Kooperasie Stories – die rol van Soon Pieterse se “Gesie” en Stephan Bouwer se Ntinzini Spa. Sy was veral lief vir Animasie – oorklanking en die rol van “Groenie die drakie” sal altyd uitstaan. Vir vyf jaar speel sy ook die rol van “Karlien” in Leon van Nierop se Radio –drama, Stralerjakkers. Na skool studeer sy drama aan die Universiteit van Stellenbosch en speel daar in verskeie studente produksies. In haar finale jaar speel sy ook n klein rol in Johan van Jaarsveld se TV Drama, Woestynblom. In 1994 keer sy terug na Johannseburg waar sy voltyds by die SABC begin werk as kontinuiteits-aanbieder. Sy doen dit tot 1999. In 2000 sluit sy aan by KykNET as die eerste Nuusleser en in dieselfde jaar bied sy die reisprogram, Swerftyd aan. In 2001 begin sy die program Fiesta wat vandag nog op KykNET uitgesaai word. Franci begin in 2005 voltyds by die sepie Binnelanders as die karakter, Toeks, waar sy tot 2011 speel. In 2011, speel sy die rol van Antoinette in Deon Opperman se TV Drama Hartland en keer ook terug na die verhoog met Hennie van Greunen se suksesvolle Janneman en Deon Opperman se Aantrekkingskrag. Sy is ook mede-vervaardiger van die program, 10 uit 10 op kykNET. Sy speel in 2012 die rol van Christien in die film Lien se Lankstaanskoene en Leatitia in Deon Opperman se Getroud met rugby.

Expand
Person Photo
Known For
Movie Poster

Road to your Heart

Gerda

Movie Poster

Lien se Lankstaanskoene

Christine Jooste

Movie Poster

Hartstog

Sister Papendieck

Movie Poster

Stroomop

Dr. Beukes

Starring In
Movie Poster

Stroomop

Dr. Beukes

Movie Poster

Hartstog

Sister Papendieck

Movie Poster

Road to your Heart

Gerda

Movie Poster

Lien se Lankstaanskoene

Christine Jooste

MobileIcon
app store google play